LW: Sekere gedeeltes van hierdie webwerf is slegs in Engels beskikbaar
Los gerus 'n bookdskap in my gasteboek.
Marietjie
Wed, 02/04/2009 - 15:32
Baie dankie vir my boek ek waardeer dit opreg. Jy het in een besoekie diep in my hart geklim.
Sëenbede,
Marietjie
Rene
Sun, 02/01/2009 - 21:37
Haai Vriendin,
Saggies loop ek tot by jou hart
se deur, sit 'n bossie vergeetmynietjies
daar neer . . . . as jy dit ruik, weet dat ek
jou nie vergeet het nie!
Jy bly spesiaal en jou vriendskap -
kontrak vir ewig is lankal hernu.
Hou aan om so BLEDDIE OULIK
te wees.
Hoop hierdie is 'n fenominale jaar!
Wat jy projekteer, is wat jy ontvang.
Laat dit die allerbeste wees!
Dankie vir jou vriendskap .en
EK WAARDEER JOU!!!!!
Liefde Rene
Chomma
Sat, 01/31/2009 - 03:12
Hi Sonskyn.
Vriendin, ek wil net vir jou dankie sê dat jy vir my en vir so baie ander, so 'n groot inspirasie is. Jy het jou doel gevind in die lewe en vaar absoluut wonderlik daarin, in alles wat jy doen. Hou so aan want glo my, dit wat jy doen, gee veral vir my soms die moed om weer op te staan en aan te gaan.
Baie dankie. Ek waardeer jou opreg.
Daphne
Raymond Harry
Thu, 01/15/2009 - 20:10
Dear Sonja
I am so happy to read that you will be in East London on 25th of March this year. I look forward to seeing you again. Thank you for including East London.
Your fan
Raymond
Sonel
Thu, 01/15/2009 - 19:02
Wat 'n pragtige webblad Sonja! Baie, baie dankie vir jou e-pos. Ek is so bly ek kon inskakel by jou webblad ook. Ek is trots om deel te wees van jou lewe en ai, jy bly pragtig! Binne en buite! Dankie vir als wat jy vir almal beteken, vir die dierbare mensie wat jy nog altyd was en nog steeds is. Mag God jou ryklik seën...:-)
'n Voorspoedige en wonderlike jaar vir jou vorentoe!
Liefdegroete
Sophia
Karin777
Thu, 01/15/2009 - 11:39
Hallo Sonja,
Dankie vir die mail wat jy gestuur het, ek waardeer. Ek het sommer dadelik jou boek bestel, wou dit al lankal gedoen het, en sien nou met verwagting daarna uit.
Baie dankie vir die pragtige mens en rolmodel wat jy vir ons vrouens is, jy sal altyd my sussie in JESUS bly en ek is baie lief vir jou.
Voorspoed met die nuwe jaar wat voorlê en mag jy net van krag tot krag gaan.
Baie liefde,
KARIN BARWISE
Rene
Wed, 01/14/2009 - 21:29
Liewe Sons
Baie dankie vir die e- pos. Ja dit was my 37 ste trouherdenking en ek moet se die Here het ons bymekaar gehou dae van trane, geluk asook hartseer en 37 sakke sout saam geeet, my 3 dogters en my 5 kleinkinders asook die komende nuweling oor 6weke bring groot geluk. Ek kan vandag se God is goed en dankie my vriendin vir jou wonderlike inspirasie al die jare en geselsies onthou (You are the wind beneath my wings ) as jy dit sing dink aan my en die goeie tye van gesels ek mis jou baie.
Liefde in Jesus
Rene Thain
Anna
Sat, 01/10/2009 - 17:48
Hi,
my naam is Anna. Ek leer Afrikaans in Rusland, Moskou. U het gese dat ons die liedjies van Sonja on hiedie blad kan luister, maar hoe kan ons? Aantwoord my vrag, asseblief.
Kommentaar deur Webmaster Anna, gaan na die lede area, registreer, en kliek dan op luister.
edma
Thu, 01/01/2009 - 19:40
My liefste Sons,
Ons ken jou al so lank dit voel of jy een van my kinders is(let wel
ek moes seker vroeg begin het)
Ons is so bevooreg om een van jou vriende genoem te word, mag
die volgende jaar vir jou baie seen en voorspoed inhou en mag al jou
drome waar word!! Ons het jou boek gekry en is besig om dit te lees!
Tonne liefde, Hennie & Edma Schoeman in AMerika
carin
Sat, 12/13/2008 - 17:48
Liewe Son,
jou nuwe website is great! Baie geluk! Op die geluk noot-eks jammer dis al laat, maar my wense is ook dat God jou sal seën in die jaar wat voorlê, met die pad wat jy loop en die wonderlike werk wat jy doen! Mag Hy jou weë gelyk maak en jou styf in Sy hand hou!
My jaar was maar deurmekaar-het gehoor dat ek nog ñ rugoperasie (4 vlak) sal moet kry, probeer nog uithou.... My oupa van 94 het op 1 maart sy eie lewe geneem (of so sê hulle). Ek het hom laas feb 2007 gesien voor my rugoperasie en sou so graag wou groet en weet hoekom hy dit gedoen het.
Ook nog 2 mense na aan ons aan die dood afgestaan.
En my moeder (Babs) wat mos die 17de Aug beroerte gehad het. Dit het my hele lewe tot stilstand geruk. Ekt nooit besef dit is só n groot ding nie-jy hoor die woord, maar die impak daarvan ervaar jy eers as dit aan jou vel vat!
Sy kan darem al bietjie met haar kierietjie loop, maar die linker arm en -hand wil niks weet nie. Sy raak met tye baie baie down en moedeloos. En als soms vir my te veel.
Ek wil al die eer aan die Here gee wat ons elke dag die krag gee om te kan aangaan, met ons lewe en ons pyn. Menigmaal gedink dis nie die moeite werd om so aan te gaan nie, maar Goddank dat Hy ons weer moed gee, oplig en vashou!
Het ook jou DVD gekry en dis great! Dit het vir my sóveel beteken om te kon deel daarin! Baie dankie! Ek hoop dat hy ook goed sal doen!
Seënwense vir kersfees!
Baie liefies, Carin Maré
Janice
Sun, 12/07/2008 - 12:29
Hi Sonja, het jou show baie geniet gisteraand. Dit was awesome. Ek was daar saam met Tollie en vriendinne.
Janice
Vanderbijlpark
Jaygé
Tue, 12/02/2008 - 00:22
Hi Sonja,
Weereens is nog 'n jaar van jou lewe verby.
'n Jaar waarin jy ouer en wyser geword het. Tog lyk jy mooier en meer sprankelend as ooit tevore. In elke jaar het jy ryker in gees geword. Iets wat 'n mens veral in jou musiek kan hoor. Die feit dat jy oneindig baie gegroei het.
Ek wil sê baie geluk met jou verjaarsdag, mag jy met elkeen van die volgende honderd jare wat ek jou toewens 'n ekstra harde hou vir vrouwees slaan. (Jy is die enigste persoon wat ek ken wat nie net 'n hou vir vrouwees sal slaan nie, maar ook vir menswees.)
Ek hoop dat jy sal voorgaan om die inspirasie te bly wat jy vir ons almal oor al hierdie jare was. Ek hoop dat jy elke dag voluit sal kan lewe en als uit die lewe put wat die lewe bied.
Mag elke dag vanaf vandag vir jou mooier en beter en gelukkiger wees as die dag tevore.
Hier op jou verjaarsdag wens ek jou die volgende toe: Geluk, vrede, vreugde, verdraagsaamheid en meer as als liefde, want dit is immers die grootste van almal.
Sonja, baie dankie vir als en ek hoop jy het 'n wonderlike dag gehad,
Dankie vir alles wat jy is en vir alles waarvoor jy staan,
Baie liefde en groete,
Jaygé
annemarie
Mon, 12/01/2008 - 18:23
Hi Sons, Baie, baie geluk met jou verjaardag, het jou gebel vandag, (huis) maar jy was nie beskikbaar nie, ook nie op die cell nie, hoop dat jy sms gekry het. Hoop dat jy n asemrowende dag gehad het, en dat die aand wat voorlê vir jou genotvol sal wees, waar en saam met wie jy dit ookal mag deel, maak die beste daarvan. Dankie vir jou vriendskap al gessels ons so min met mekaar, is en bly jy tog in my gedagtes. Jy is en sal altyd die spesiale mens in my lewe wees, die een wat ek al n pad mee loop vandat jy jou eerste "recording" gemaak het. Bly die pragtige mens wat jy is, want so is ons lief vir jou. Liefdegroete,
Annemarie Bester - Strand.
Elize
Mon, 12/01/2008 - 14:43
Hallo Sonja
Baie geluk met jou verjaardag. Hoop dit is 'n wonderlike geseënde jaar vir jou! En glo my, jy lyk nog net so jonk en pragtig soos twintig jaar terug. Mag jy ook steeds vir ons almal die inspirasie wees wat jy al vir baie jare is.
Liefde
Elize O
Hugo
Mon, 12/01/2008 - 11:01
Liefste Sonja
Baie gelyk met jou verjaarsdag - kan nie glo dis amper die einde van 2008 nie. Mag 2009 net vir jou die beste inhou. Jy is en sal altyd my inspirasie wees.
Groete
Wouter (Kaapstad)
thelma nel
Mon, 12/01/2008 - 07:45
Liewe Sonja,
Baie geluk met jou verjaardag. Mag die Here jou oorvloedig seen. Mag jou vriendinne jou bederf met liefde en geskenke en mag jou kinders jou plesier. Ek glo hierdie jaar gaan die beste jaar in jou lewe wees en dat al jou gebede verhoor sal word.
Lief jou
Thelma xx
Rosa
Mon, 12/01/2008 - 07:26
Geluk met jou verjaarsdag Sonja. Hoop jou mooiste drome & wense sal waar word.
Lovies Rosa Fritz
Raymond Harry
Sun, 11/30/2008 - 18:04
Dear Sonja
Happy birthday May you have many more happy birthdays
The pictures in your gallery are beautiful Thank you
Your fan
Raymond
MagdaOosthuizen
Mon, 11/24/2008 - 08:46
Hi Sonja,
Jy was en is nog altyd vir my 'n pragtige mens. Jy is waarlik 'n inspirasie vir ons vroue. Baie sterkte en Seënwense op jou pad vorentoe.
Liefdegroete
Magda
Rene
Sun, 11/23/2008 - 22:45
Hallo Sonja ja so loop ek jou weer raak met die gejaagde lewe vergeet mens soms van jou vriende. Jou web tuiste lyk pragtig skoon en so opbeurend. Ek dink terug aan die jare met jou eerste Sarie toekenning met, ek verlang na jou, en na waar jy vandag is na Reconstructing Alice. Wel ek het jou laas gesien by die Grand West met jou boek vrystelling en die 14 dae se show wat jy gehou het werklik n stunning show gewees. Jy is nog maar so pragtig soos altyd as ek die tyd terug draai is ons as ek mag se al 28 jaar vriende wow watter lang en stylvolle pad was dit, maar jy het bo uit gekom met die genade van Onse Vader. Die jare het ook al wye kringe om my getrek op 56 is ek darem nog gesond. Trevor stuur ook liefde groete en sal hy ooit die vertoning op Ysterplaat vergeet wat ek gereel het. My kinders Bernadette en Diane en Chrystel is almal getroud en ek is die die trotse ouma van 5 kleinkinders, en nog een oppad Maart maand.
Jou cd Verhale van Vrou Wees het ek hier in die Kaap versprei en het menige vroue uit die put van depressie gered en kan ek se diep uit my hart het hul lewens verander baie het by my gesit en huil en die hoekoms en waaroms was daar en met daardie stories kon ek hul troos. Jy was vir meer as 1 vrou n inspirasie asook vir my deur die jare. Ek het gesien al die vrou wat Erkenning gekry het dit is goed maar in my hart kry ek die grootste erkenning van my God.
Wel ek sluit af hierdie keer sal ek nie jou verjaardag vergeet nie belowe.
Liefde Groete en dankie dat jy soveel liefde en grasie asook vrou wees uitstraal.
Rene En Trevor Thain
Kaapstad