Gasteboek

Los gerus 'n bookdskap in my gasteboek.

jaco viviers

Hi SONJA !
Waar en wanneer tree jy weer in Pretoria op ? Wil baie graag na een van jou konserte toe gaan , groete
Jaco

JOANIE

HALLO SONJA !
WAT 'N ABSOLUTE WONDERLIKE VOOREG OM DIE SITE TE ONTDEK. EK HET OP GOOGLE GESPEEL EN MY VRIENDIN SE NAAM INGETIK (IDONIA GOUWS) EN WAT KRY EK? JOU SITE MET HAAR VERHAAL!!! EKT VAN VOOR AF BESEF WATTER GOEIE VRIENDIN OOR MY PAD GEKOM HET. ONS HET IN DIE HOSPITAAL ONTMOET - MY DOGTERTJIE INKE WAS OOK LANK IN ICU. VAN DAAR HET ONS HIERDIE EWIGE BAND. GOD WERK OP ALLERHANDE MANIERE!!!
EK WAS VAN KLEINS AF MAL OOR "TANNIE SONJA" , MY FAVOURITE LIEDJIE NATUURLIK 'JANTJIE' !!
EK HOOP DAT EK JOU EENDAG SAL KAN ONTMOET , DIT SAL 'N GROOT VOORREG WEES. TOT DAN GAAN EK DIE WEBWERF PLAT'SURF' ! (EN JOU BOEK LEES WAT WIE WEET HOE LANK OP MY RAK STAAN)
BAIE STERKTE VIR ALS WAT JY DOEN , JY'S 'N VOORBEELD VIR SO BAIE.
GROETE
JOANIE X

ronells

Hi Sonja!
Die foto`s van jou en Bobby is fab! Ja, alles gebeur maar met tyd in n mens se lewe. Hoe sal ons vir iemand iets kan beteken as ons nie self die pad geloop het nie? Elke "nederlaag" is nog n lewensles wat ons net beter en sterker maak en ek glo dat die keurses en besluite geneem, diebeste is wat ons op daardie bepaalde tydstip kon maak. Ekk het egter geleer dat ek oor ALLES moet bid en eers kalm moet raak voordat ek n besluit neem.
Na al die jare is jy nog steeds pragtig en jy bly so mooi. Het nog nie jou boek gelees nie maar dis op my "to-do" lys vir 2009.
Als wat lieflik is vir jou!
Ronell s

Mariana

P.S..... My skoonma, Marina het jou Boek en vir my jou Cd She gekoop ek het hom al klaar 2 keer deur geluister,,, elke keer luister ek dieper na die woorde en dit kry meer betekenis. Dit maak my hart oop en vat die hande in my lewe om die pad saam met my te stap want ek sien net sonskyn en Glimlagte vir ons almal vorentoe... Ek kan nou nie meer wag dat sy jou boek kan kla lees nie sodat ek hom beet kan kry nie... gelukkig lees sy gou. Baie dankie vir die inspirasie...
Liefde
Mariana

Mariana

Liefste Sonja... Ek wil net dankie sê, die vertoning vandag by Die Hoërskool Alberton, "Voetpad na Vrouwees" het baie gehelp, dit het my baie gehelp, dit laat my weer in my self glo en ek gaan myself bewys ek Kan! Dit het my hart oop gemaak. Ek glo jy gaan baie vrouens help onderandere is ek een... Nogmals dankie...
Liefde Groete
Mariaan

Chrizane van zyl

Sonja, Dis so lekker om Jonita du Preez se storie hier te sien. Sys my ma se suster en ekt die journey so binne die familie beleef. Ek kyk na my twee sonskyn niggies en ek sien God se liefde en genade. My wens is dat elke jong dogtertjie, tiener, dame en vrou deur God geseen sal word met ma's wat so baie omgee soos my ouma,my tannie en my eie ma.

Dis die eerste keer dat ek op jou webwerf afkom en ek wil net dankie se vir dit wat jy vir so baie vroue beteken.

Mag God elke vrou seen met die recognition wat sy verdien, want deur 'n ma te wees, verdien jy 'n oscar!
En mag ons genoeg dankie se aan die amazing tannies, ma's en oumas in ons lewens!

Ek weet my Ouma is 'n groot fan van jou musiek...Dankie vir die inspirasie wat jy in ons lewens bring!

Chrizane van Zyl (19), Somerset-Wes

Alta

Sonja ek was vanaand by die Mcguire ondersteunings groep by Mug and Bean in Menlyn. Hulle kon nie glo dat ek saterdag voor almal kon op staan en my storie vertel nie. Ek moes vir hulle jou sms en jou tietie serpe wys. Saam met my op die kursus was daar n man genaamd Jaco Ben Roos, hy se sy pa is Don Roos hy was n opvoedkundige sielkundige en jy ken hom. Sy epos is'+'donroos@'+'lantic.'+'net'+'');
//-->
of don.roos@lantic.net.Almal by die groep dink ek was baie braaf dit voel wonderlik om te kan praat. Ek wil biedtjie praat oor die Mcguire program. Daar word beweer dat 1% van die wereld se bevolking hakkel, en van dit is 80% mans en 20% dames. Die program is ontwikkel deur Dave Mcguire wat self hakkel. Die program handel oor reg asem haal, positief wees en jou ding doen ongeag wat mense dink. Dit leer jou mens wees en in beheer wees van jou lewe. Almal in die groep het hulle hakkel weg gesteek (COVERT HAKKELAAR) dit is net ek wat nog my hele lewe hakkel dat die spoeg spat(OVERT HAKKELAARS) ek het nog altyd geweet ek is uniek, want alhoewel my hakkel ongemaklik was het ek gepraat wat ek wou praat. En ek dink daardeur het ek meer mense bereik en meer mense het my onthou. Daar gaan vir my nou n nuwe
wereld oop en ek dink ek kan nou meer mense bereik. Dit is nog steeds my hartsbegeerte om vir my medemens te wys niks is onmoontlik so lank jy glo jy kan alles doen wat jy jou hart op sit om te doen. Ek wil graag vir al ander hakkelaars daar buite vertel daar is n manier om jou spraak te beheer, want ons sal altyd hakkelars bly ons kan dit net met harde werk en baie oefen beheer. Indien jy met jou omswerwing nog n hakkelaar ontmoet kan jy hulle Chris Meintjies se nommer gee.0727583705.(www.mcguireprogramme.com.)
Liefde en slangspoeg
Alta van der Merwe

Rene

Hallo Sons jinne ek gedog jy kom nooit by ons in die kaap uit nie, maar ek sien uit na 20 Junie by Bastion skool my 2 kleinkinders gaan daar skool.
Wag al lank vir jou en hoop om Wouter ook daar te sien .
Mooi bly
Rene

Sonette

Hallo Sonja,
Dit was 'n groot voorreg vir my om na jou te kon luister Saterdag!(Brakpanners...lol...)Nie net is jy 'n pragtige(stunning)vrou van buite nie,maar ook van binne!Sjoe,ma jy kan 'n mens regtig motiveer!!!My lewensmoto is om net soos jy eendag te kan wees op my pad vorentoe!Liefdevol,pragtig,warm persoonlikheid,spontaan en daar is nog so baie om op te noem!Ek hoop regtig jou pad vorentoe sal altyd so so suksesvol bly soos dit is(en ek weet dit sal)!
Lekker dag!
Baie liefde en drukkies
Sonette Zietsman
xxx

Neeltjie

Ek het ook vir huisgenoot 'n e-mail gestuur dat ons Sonja op Skouspel soek. Ek dink almal wat dit wil he moet skryf dan kyk ons wat gebeur! Kyk as Sonja op Skouspel is gaan ek my tasse pak en sorg dat ek da is! Sal iemand dan die lodge vir my kom "run"? Jy moet kan boesman taal praat though?

Jaygé

Nadat ek julle briewe gelees het (Hugo en Martin) het ek self ook 'n lekker e-pos vir Huisgenoot gestuur. As tieners al na Sonja Herholdt begin vra beter hulle begin regop sit. Dit is hoogtyd dat sy die ere gegee word wat sy toekom. Huisgenoot Skouspel is immers daar sodat ons die sangers kan sien wat ons wil sien, dan nie? En die publiek soek waarlik vir Sonja.
'n Bewys daarvan is 'n facebook groep wat ek gestig het om te kyk hoeveel mense (veral tieners) dit sal join. Die belangstelling is groot. Sonja is die vorige generasie se soet stem en die nuwe generasie se hoop en stem met Reconstructing Alice. En van my vriende het dit so mooi beskryf die ander dag. Hy het haar vergelyk met Madonna. Sy reinvent haarself net al beter sodat die nuwe generasie weereens bos kan raak oor haar.
Sonja is so deel van Suid-Afrika soos wat braaivleis, biltong en Jan van Riebeeck is. Dis net tyd dat Huisgenoot dit ook besef.

Byt net vas Sonja, een van die dae staan jy met jou erkening in die hand. Jou bewonderaars, oud en jonk, gaan veg vir wie ons lief is.

Liefde Jaygé

Hugo

Sonja!
Ek is baie opgewonde oor die idee van 'n nuwe album - "about time", maar soos jy noem die regte ding op die regte tyd!
Liefde groete/
Wouter Hugo - Kaapstad

Wilna

Hmm, as ek kyk na die dagboek-afdeling en lees van al die vooruitsigte... Dit is sommer groot en goeie nuus om te hoor van die beplanning van 'n nuwe album - about time! Sien regtig uit daarna.
Sterkte en allerbeste wense :-)

ronell s

liewe sonja. ek is jaaare lank n bewonderaar van jou en moet jou gelukwens dat jy STEEDS so n pragtige vrou is ten spyte van all die hartseer en dramas in jou lewe! weet datjy ander vroue soos ek inspireer.1 Jesusliefde vir jou en jou kinders!

rapunzel

Hi Sonja, my naam is Riana Potgieter, en ek het behalwe hierdie gasteboek ook n mail gestuur. Ons vroue op christiana wil jou graag ontmoet en n oggend saam met jou deurbring, en daarom wil ons jou asseblief bespreek vir die 16de Mei.

Dit sal n voorreg wees om jou op die dorp te kan he, en jy sal ons dag maak. En o ja, ek dink jy is STUNNING!

Groetnis en mooi loop
Riana Potgieter. (o ja ek het ook ingeteken op die registrasie vir nuus onder die naam rapnzel)

Hugo

Hi Almal

(Boodskap van Martin en vorige e-posse verwys)

Ja - ek stem saam. Verlede jaar het ek die saak opgehaal direk met die redaktrise van Huisgenoot en wou weet hoe is dit moontlik dat Sonja nog nie vereer is deur Skouspel is vir haar bydrae nie. Alhoewel sy na my teruggekom het, en bevestig het dat hule heeltemal bewus is van die belangrike rol wat sy gespeel het en nog steeds speel in Afrikaanse musiek, en dat sy dit verwys na die paneel, het daar niks van gekom nie. Dit is nou tyd dat as ons Sonja wil sien op Skouspel, dat ons Huisgenoot moet laat weet. Hier is die e-pos adres:'eweidema@huisgenoot.com' Ek sluit ook die skrywe in wat ek verlede jaar aan hulle gestuur het:
Hi Esmare

Ek wik en weeg al lank om hierdie skrywe aan jou te rig en einde ten laaste is dit nou by jou.

Eerstens wil ek Huisgenoot bedank vir die belangrike rol wat die tydskrif deurgaans vertolk in die bevordering van Afrikaanse Musiek deur die Skouspel vertonings.

Wat egter 'n bitter smaak in my mond laat is die feit dat Huisgenoot vir een of ander rede nog nie aan een van die grootste Afrikaanse ikone in die SA musiekbedryf erkenning gegee het nie - Sonja Herholdt.

Vreemd genoeg - selfs Laurika Rauch wat al die toekenning ontvang het, het nog onlangs gemeld - "Sonja het die pad vir menige kunstenaar oopgemaak". Toe Sarah Theron onlangs die regie van "Hits van die Sonjare" aanvaar het, was een van haar eerste reaksies - hoe sit 'n mens een vertoning aanmekaar met 'n kunstenaar wat soveel treffers oor die jare gehad het?

Selfs met die uitreiking van "Sonja: Meisie van Nigel" was daar geensins enige artikel in jul tydskrif oor die boek nie - net stilswye. Desnieteenstaande, het dit toe die topverkoper lys gehaal.

Ek vertrou dat my brief nie op dowe ore sal val nie en dat daar ten minste verduidelik kan word hoe 'n sangeres wat vir nou al meer as 30 Jaar met vele suksesse in die musiekbedryf is - nie die nodige erkenning van HUISGENOOT kry wat sy verdien op grondslag van meriete nie.

Dit laat mens wonder watter criteria in aanmerking geneem word met die toekenning daarvan.

Groete en dankie vir 'n lekker tydskrif!

Kopie aan SARIE/VROUEKEUR/LEEFSTYL/ROOI ROSE

Wouter Hugo

mpienaar

Hallo Almal

Ek stem heeltemal saam met Hugo hieronder. Dit is lankal tyd vir ons om die ikone - soos Sonja, Mynie ens - weer op Huisgenoot Skouspel te sien. Kom ons staam saam en vra Huisgenoot hiervoor!

Verder wil ek sommer net vir Sonja 'n baie spesialle 2009 toewens.

Mooi bly!

MARTIN

Hugo

Hi

Jaco se boodskap verwys. Miskien is dit tyd dat ons bietjie saamstaan en vir Huisgenoot begin e-pos oor hul konstante selfde keuses van kunstenaars jaar na jaar. Waar is die ikone by Skouspel - Sonja/Mynie Grove/Lucas Maree-- om maar net twee te noem.........

Hugo

jaco viviers

Geagte Sonja
Jy is n pragtige mens en het die stem van n engel . Jy maak ons trots en dis altyd lekker om van jou te lees in tydskrifte . Ek hoop ons sal jou hierdie jaar by Huisgenoot se Skouspel by Sun City sien optree ! Groete , Jaco (Pretoria)

Kommentaar deur Webmaster
Beste Jaco, Jy moet maar vir Huisgenoot vra oor Skouspel, hulle nooi die kunstenaars om deel te neem.
Hugo

Liefste Sonja

Alles van die beste vir jou nuwe program "Hartklop van Vrouwees". Ek het altyd net soveel vertroue in jou en dat jy altyd die regte ding op die regte tyd doen. Jy is en bly my inspirasie!

Groete
Wouter (Kaapstad)