Tannie Sonja
Ek het die dvd N' Voetpad Na Vrouwees gekoop en die cd She Princess. I LOVED IT!! Dit was baie nice om te sien hoe tannie n verskil maak in lewens en ek het die dvd sooo geniet. Tannie moet nog sulke dvds uitbring. Ek wil baie graag vir tannie ontmoet en net vir tannie se hoe dankbaar ek is om so rol model te he. Keep at it because you are my superstar!! Lief vir tannie baie en hoop om tannie gou te sien. (JES 29:11)
Groete en Liefde
Monique
cornecrouse
Sun, 12/02/2012 - 12:52
Beste tannie Sonja
Ek is mal oor die skoene wat tannie aan gehad het in die nuwe Finesse op bladsy 20. Tannie lyk altyd so mooi. Ek is mal oor tannie se musiek. Mense dink ek is weird om dat ek 16 is en nie na pop musiek of moderne musiek luister nie, maar na tannie se musiek luister. Ek gee nie om nie. Tannie is die beste. Lief tannie baie. Heel bo aan my bucket list staan "wil vir Sonja Herholdt ontmoet". Ek wil vir tannie baie graag ontmoet. Tannie inspereer my en motiveer my, dankie daarvoor. Lief vir tannie. Tannie is die beste in die wereld. Ek sal tannie ondersteun 'no matter what'.
Liefde
Corne crouse'+'Cornecrouse@'+'gmail.'+'com'+'');
//-->
cornecrouse
Sat, 12/01/2012 - 16:32
Beste tannie Sonja
Hello Tannie Sonja. Ek wil net se tannie het 'n baie mooi stem. Tannie trek altyd so mooi aan. Tannie is my insperasie. Ek luister na tannie se musiek van dat ek 4 jaar oud is en ek is nou 16. Tannie is en sal altyd my gunsteling bly. Tannie se persoonlikheid is vir my fantasties. Ek is geinspereerd dat tannie altyd jouself is en dat tannie trots is op wie tannie is. Tannie is beeldskoon, dit lyk of tannie nog 24 is. Tannie raak net nie ouer nie. Tannie mag dalk 60 wees, maar tannie lyk nie 60 nie. Ek is mal oor tannie se musiek. Ek wil net se DANKIE. Dit is my droom om eendag vir tannie te ontmoet voor dat ek nog sterf. Liefde corne crouse. (Ek se maar net ek is n meisie) Lief tannie baie!
Geluk met tannie se verjaarsdag.
Raymond Harry
Sat, 12/01/2012 - 16:11
Dear Sonja,
Happy birthday. May you have many more happy and joyful birhthdays.
Your fan
Raymond
Frankie006
Sat, 12/01/2012 - 09:14
More Sonja,
Eerste wil ek se jou Web Bland is pragtig - Ek wil ook baie geluk wens met jou virjaarsdag vandag,mag jy so wonderlike bly vir altyd, as kind het ek altyd na jou pragtige lietjies geluister en vandag nog en ek is al in my vyftigs al. Ek is al 28 jaar in die begrafnis bedryf en ek geniet my werk baie, vir my is dit nie werk nie maar ropping, jy het by n paar dienste vir families op getree en dit was wonderlike om jou stem te hoor, dit het sommer n knop in my keel gelaat en traan wat geloop het. Soja jy moet great dag he, moenie worry oor die oderdom nie - ons word net beter met tyd soos lekker bottel rooi wyn, ons as gesin sal altyd na jou pragtige liedere luister. Have a great day.
Met baie liefde en groete
Van
Frank & Aletta Bingle
Frikkels
Sat, 12/01/2012 - 07:54
Beste Sonja
Ek wil vandag op die 1ste Des 2012, vir jou net die mooiste toewens op jou geboortedag herdenking my beste wense vergesel jou op jou lewenspad en mag ons Hemelse Vader jou nog lank sal bewaar vir almal. Jy is 'n ster vir baie mense. Jy was en is die beste en ek is nog mal oor jou musiek en sang dit sal so bly totdat ek my kop neerle.
Nogmaals dankie
Frikkie Deyzel
Hermien
Wed, 11/07/2012 - 06:54
Die oase in die dorre woestyn. Dis wat ek gevind het in die biografie en die woorde van die liedjies. Dit is wat my laat besef in elkeen van ons as vrou is daar die perel, veilig toegevou en omskulp, om slegs oop te maak wanneer die tyd sou aanbreekom dit te doen. Maar in die lewensloop van ons as vrou is daar die stropers, wat jou steel, jou breek en nie die ware egtheid van jou as perel sien, en jou veruil vir die materialistiese honger van die gieraard. In die rubrieke het ek troos kom soek en gevind. En in die proses myself begin vind. Dankie Sonja vir motivering, vir die reg dat ek as vrou en moeder mag huil en mag vreugde vind in elke lag van my kinders. God's Seen bid ek jou toe.
sonstraal
Thu, 11/01/2012 - 13:43
Liewe Sonja,
Ek en my beste vriendin het jou vertoning by RHK Gereformeerde Kerk bygewoon en dit so geniet dat ek die DVD/CD combo vir my skoonsus gekoop het. Sy was so ge-inspireerd nadat ons die DVD saam gekyk het en voel nou meer toegerus om terug te keer Auckland toe.
Jy is 'n pragtige mens, doen so voort! Mag die Here jou seen op jou pad vorentoe!
Groete, Tessa en Melanie
boersema
Sat, 10/20/2012 - 18:49
Liewe Sonja,
Baie, baie dankie vir 'n wonderlike vertoning vanoggend in Ermelo. Ek dink jy het regtig tot elke vroue hart gespreek. Die lewe is 'n reis vol opdraende en afdraendes. Baie dankie dat jy jou "mens wees" met ons gedeel het. Dankie vir jou al jou liefde en vriendelikheid. Jy en Mike is voorwaar 'n wenspan. Baie seen en voorspoed.
Liefde Erica
philipvw@webmail.co.za
Fri, 10/19/2012 - 09:04
Sonja en Mike
Baie dankie vir 'n fantastiese belewenis en 'n ondervinding ek sal hierdie vertoning vir almal en nog wat aanbeveel dit was 'n ervaring en 'n half, weereens baie baie dankie vir jul liefde en warmte.
Groete
Philip en Susan
sonstraal
Wed, 10/10/2012 - 15:40
Hallo Sonja, Ek stem saam met Franci! Die aand was ongelooflik en jou vertoning uiters professioneel! Jy is 'n ongelooflike spesiale kind van God en die erkenning aan Estelle was so besonders. Jou cd het ek destyds by Natalia oord gekoop, dis so kosbaar.
Groete, Melanie en Francine
Franci Bezuidenhout
Tue, 09/25/2012 - 12:16
Hallo Sonja, ons was saterdag aand by jou Perelvrou vertoning in Pretoria. Dit was fantasties. Ek was driekwart van die tyd in trane omdat dit so mooi was. En jou erkenning aan Estelle was onvergeetlik. My 2 seuns kannie wag vir die tjokker dvd nie! Hulle hou nou ook net so baie van jou soos hulle mamma. En jou lied saam met jou seun is tans my heel gunsteling lied!!! Liefde en groete......
louise73
Tue, 09/04/2012 - 14:12
Hi.
Ek is opsoek na 'n liedjie wat jy op 'n Afrikaanse treffer gesing het. Die liedjie se naam is: Niks geweet nie. Ek het die CD verloor. Dit was 'n kassie met verskeie kunstenaars met 'n helder blink blou streep in die middel. En ek is regtig opsoek na die liedjie asb.
Groete
Louise
boersema
Sat, 08/25/2012 - 21:17
Jou vertoning in Centurion Teater die 18de Augustus was puik!! Die lied "I'm forgiven" is pragtig en moet jy dit dalk opneem. Baie mooi Sonja en Simeon. Liefde en sterkte met jul optredes. Erica
Raymond Harry
Sun, 08/12/2012 - 18:41
Dear Sonja
Your "Gasteboek" is very interesting. Martin Pienaar is welcome to contact me. My address has not changed. Concerning "Die Wiel Bly Draai", it was the first cut on the 1994 "Sonja, 'n Ster Vanaand, 1994" CD.
Your fan
Raymond
mpienaar
Sun, 08/12/2012 - 12:45
Hallo Sonja, Raymond, en Willie
Ek dink die song se naam waarna julle verwys is ' Die Wiel Bly Steeds Draai' en Sonja het dit die eerste keer in 1994 op haar album ' 'n Ster Vanaand' opgeneem. Dit was mos ter viering van Sonja se twintigste jaar in die musiek bedryf.
Ek is bly om te sien dat daar al hoe meer besprekings inkom vir Sonja se kindervertoning - dis mos altyd lekker om te sien as dit goed gaan met Sons! Verder kan ek nie wag vir die volgende 'Perels'-vertoning hier in die Kaap nie! Groete aan Raymond (onthou jy nog - ons was vir 'n kort rukkie kollegas by die universiteit van Fort Hare!).
Baie liefde
MARTIN PIENAAR
Raymond Harry
Thu, 08/09/2012 - 15:19
Dear Sonja, "Die Wiel Bly Draai" is cut number 5 on your CD "20 Gewildste Treffers". This song also appears on other CDs of yours. This information may be useful to Willie de Jager. The name is not exactly the same as
the name given by Willie but it may be the song that he is lookingf for.
Your fan
Raymond
willie de jager
Thu, 07/26/2012 - 14:02
Hi Sonja, ek is amper seker jy het die liedjie gesing (die wiel bly steeds draai) gospel song gewees, ek soek al n rukkie vie n CD met hom op en kan nerens kry nie, het jy raad asb?
Hugo
Tue, 05/22/2012 - 09:02
Hi Sonja
Het gisteraand die musiekvideo van Simeon op SABC 3 gesien - "I'm forgiven".
Wat 'n pragtige song en vertolking!
Groete
Wouter
Raymond Harry
Thu, 05/10/2012 - 09:06
Dear Sonja
Thank you so much for your show in East London last night. It was great to see you again. Some of the people at our table had never been to any of your shows. They were impressed and even took notes, so your show was very good for them.
Your fan
Raymond