Huidige Vertonings


Die hartklop van 'n PêERELVROU
Dit is tans die naam van my musiekmotiveringsprogram en word gewoonlik by 'n vroue oggend / tee geleentheid aangebied. Ek het ook al in die verlede die program met groot sukses by aand funksies en ook geleenthede waar daar mans ook in die gehoor teenwoordig is aangebied.

Tydens hierdie program kombineer ek die funksie van 'n spreker en sanger(gaskunstenaar) en verpak dit in 'n musiekmotiveringsprogram. Ek put uit my lewenservaring en praat oor temas rondom vrouwees. Ek deel bv my insig oor onderwerpe soos selfbeeld, waagmoed en onafhanklike-verantwoordelikheid. Ek deel ook wenke en tegnieke om emmosionele en geestelike energie te herwin. As hoogtepunt sluit ek die program af deur erkenning te gee aan 'n besonderse persoon in die gehoor wat haar buitengewone omstandighede oorkom. Hiemee poog ek om te bewys dat dit moontlik is om die lewe te oorkom en dit bied geleentheid waar ons by mekaar kan leer en mekaar kan ondersteun.

Alhoewel die program motiverend en inspirerend is dink ek die beste beskrywing is dat dit 'n ervaring is. Dit duur net so 'n bietjie langer as 'n uur en waar tegniesmoontlik word dit as 'n multimedia program aangebied. Ek probeer my beste om 'n realistiese fooi vir die aanbied van hierdie program te vra, 'n kwotasie is beskikbaar op aanvraag.

Die HARTKLOP van 'n PERELVROU is 'n eerlike, openhartige program, propvol
wyshede en waarhede, 'n ware inspirasie vir
elke vrou.

Sonja Herholdt in konsert - my Pêrels vertoning
Tydens hierdie konsert van +/- 2 x 40min helftes sing ek van my bekende treffers soos Jantjie, Harlekyn, Waterblommetjies ens. Ek sing ook van die nuwe liedjies op my nuutste album Pêrels. 'n Kwotasie is beskikbaar op aanvraag.

Bemarkingsmateriaal vir die hartklop van 'n PêRELVROU

Download iconLaai 'n PDF brosjure van die hartklop van 'n PêRELVROUhier af. (214kb)

PDF logoLaai 'n e-plakkaat van die hartklop van 'n PêRELVROUhier af. (262kb)

Laai 'n persverklaring van die hartklop van 'n PêRELVROU - hier af.( 64kb)

Laai die hartklop van 'n PêRELVROU logo - hier af.  (53kb)

PhotoLaai 'n mediafoto - hier af. (656kb / 448 x 500 pix)