Ek is tans besig met 'n moti veringsveldtog om vroue te inspireer om hul volle potensiaal te bereik
en hulleself prakti es en positi ef in hul omgewings te laat geld.
Dis alombekend dat die vrou binne die konteks van beide die gesin en die gemeenskap 'n fundamentele
en baie belangrike rol vertolk. Die era waarin ons leef en die eise wat aan die moderne vrou gestel word
het egter 'n nadelige inslag op haar vermoë om hierdie natuurlike rol te vervul. Die waarde en betekenis
van vrouwees word in wese hierdeur geraak.
Op my eie en unieke manier bied ek Die HARTKLOP van VROUWEES aan - 'n uurlange musiekmoti -
veringsprogram.
Hierdie program bied gehore die geleentheid om:
• te luister na 'n boodskap wat oorloop van begrip, deernis, humor en hoop;
• gemoti veer te word deur toepaslike musiek;
• eiewaarde te ontwikkel wat tot 'n gesonde selfb eeld kan lei.
As hoogtepunt van die program gee ek erkenning aan 'n vrou in die gehoor wat buitengewoon moeilike
omstandighede oorkom en/of emosionele uitdagings op 'n merkwaardige wyse oorwin. Sodoende
dien hierdie vrou as 'n inspirasie vir ander en haar vrouwees word gevier.
Die HARTKLOP van VROUWEES is 'n eerlike, openharti ge program, propvol
wyshede en waarhede, 'n ware inspirasie vir
elke vrou.
Laai 'n PDF brosjure van Die Hartklop van Vrouwees - hier af. (222kb)
Laai 'n e-plakkaat van Die Hartklop van Vrouwees - hier af. (256kb)
Laai die Hartklop van Vrouwees logo - hier af. (278kb)
Laai 'n mediafoto - hier af. (488kb / 333 x 500 pix)