Ek is tans besig om te werk aan 'n artikel oor "pynlose" geboorte. Is dit moontlik om pynloos, natuurlik te kraam? of is ons as vroue uitgelewer aan die tipiese "movie-kraam" waar dit lyk of sy by die dood gaan omdraai.
Wat is julle ervaring en mening, ek sou graag wou weet voor ek my opinie hier deel.
Kommentaar
Pynlose geboorte
Hi Sonja!
Weet jy, ek was 18 toe ek normaal geboorte gegee het. My seun is nou 8. Ek was jonk en stupid maar ek weet hoe geseend ek is en was om net Een en 'n halwe uur in kraam te gewees het. Ek persoonlik sal dit weer so doen omdat die geneesing van die wond as daar een is, soos veral met die eerste kind baie vinnig is. Ek was maar baie pieperig as kind maar daar het my pad na 'n sterk vrou begin. Ek was jonk maar is so bly vir die pad wat ek al geloop het al was daar baie donker tye. En was ook geseend om 'n damestee by te woon waar jy opgetree het. om te groei en te leer by mense en inspireer te word en wyser dan te wees, maak my hart baie bly! Eks geseend!
Pynlose Geboorte
Goeie More Sonja
My persepsie van 'natuurlike geboorte' sluit pyn in as deel v/d geboorteproses, net soos pyn deel is van ons emosionele lewe! Ek kan nie sien dat ons die geboorteproses 'pynloos' wil maak nie. Net soos wat die ontwikkeling v/d nuwe lewe in die baarmoeder en die geboorteproses altyd vir my asemrowend sal bly, net so wonderbaarlik is dit vir my dat ek nie die intensiteit v/d pyn gedurende geboorteproses kan onthou nie ... Waar daar komplikasies is tydens die geboorteproses is dit absoluut 'n ander saak en behoort die beskikbare hulp, hetsy dit pynmedikasie of keisersnit is, toegepas te word. Ek dink net ons was 30 jaar gelede gesëen deurdat geboorte nie so prominent oral bespreek en uitgebeeld was nie ... soos die Engelse spreekwoord sê: 'ignorance is bliss!' Ek is so opgewonde dat alhoemeer vroue deesdae terug neig na natuurlike geboorte.
Voorspoed en vreugde met jou werk - ek beny jou!
Pynlose Geboorte
Nee, kyk ek het 3 pragtige seuns in die lewe gebring, 2 van hulle was normale geboorte en die laaste een was met kyser, Normaal kraam is 100 keer beter as kyser, dis baie seer maar die seer vergeet jy so vinnig as jy daai bondeltjie liefde in jou hande vas hou
Pynlose geboorte
Hi Sonja
Ek dink hierdie hang af van vrou tot vrou en natuurlike elkeen se pyndrempel. Ek het drie kinders, onderskeidelik 19 jaar, 18 jaar en 14 jaar oud. Al drie was normale geboortes, sonder medikasie. As ek so terugdink is die kraampyne die ergste (maar ook nou nie so dat jy hoef te skree dat hulle jou anderkant die see kan hoor nie). Bietjie kners op die tande en jou man se hand effe blou druk, maar nie die einde van die wêreld nie. Nou moet ek natuurlik ook net bysê dat ek dit regtigwaar baie maklik gehad het. My baba'tjies was almal klein (2,8kg 2,7kg en 3,0kg) en ek was al drie keer niks meer as 2 ure in kraam vandat ek my eerste kraampyn gekry het totdat die wonderwerkie sy/haar verskyning gemaak het nie. En mens vergeet mos ONMIDDELLIK van die seer as jy in daardie pragtige ogies kyk...
pynlose geboorte
Ek het met my eerste kind normaal gekraam met 'n induksie sonder enige pyn medikasie, die kraam pyne was nogal iets vreesliks gewees, maar weet jy toe my seuntjie gebore word, was dit als verby, geen pyn voel net bietjie kneuserig. met my tweede moes ek 'n keiser ondergaan, hy was op 33wke gebore as gevolg van pre-eclampsia, en my eerlike opinie, ek kraam eerder 100 keer oor normaal sonder enige pyn medikasie voordat ek 'n keiser ondergaan, ek het wel epiduraal gekry met my keiser maar dit was vir my hel, die kateter, die sny, al wat dit die moeite werd gemaak het was dat my seuntjie gesond was en dat sy longejies gewerk het. As ek moet kies, nooit weer keiser nie, dis is besliks
Pynlose geboorte
Ek stem saam, Sonja, op TV en films word daar darem 'n bespotting gemaak van geboorte skenk. Soveel drama en gegil en sweet. Is dit dalk 'n nuwe soort van voorbehoed- ek bedoel afskrikmiddel vir jong vroue om swanger te raak?
Natuurlik moet daar pyn wees: 'n lewende wese kom uit jou liggaam! Gelukkig vergeet mens gou van die pyn as jy die kleine mensie, 'n Gods wonder, aanskou.
Mooi bly
Pynlose geboorte
Hey Sonja as jy my vra sal ek sê daar bestaan nie so iets nie my 1ste was ek vir 22 uur in kraam en my 2 de vir amper 2 dae en die uiteinde 'n noodkeisersnee omdat die naelstring 2 keer om haar nekkie was. Maar as jy dieselfde vraag vir my suster moet vra gaan sy sê sy het nie 'n idee wat 'n kraampyn is nie en altwee haar kinders is op 'n natuurlike wyse gebore sonder 1 kraampyn
Geboorte
Hi Sonja.
Ek het 2 seuns - 14 en 12.
Ek is heeltemal ten gunste van natuurlike geboorte. My eerste is natuurlik gebore - ek het net 1 uur pyn gehad voor hy gebore is - 50 cm en 3.075 kg. Dit was die wonderlikste gebeurtenis denkbaar. Met my 2de wou hy nie afsak nie en het verkeerd gedraai. Hy is met 'n noodkeiser gebore - 50 cm en 4.75kg later en baie baie pyn. Die week na sy geboorte het ek gewens en gaan dood van al die pyn en was rerig 'n baie pynvolle deel van my lewe teenoor my eerste geboorte.
As mens enigsins 'n keuse het, sal ek beslis natuurlike geboorte aanbeveel. Ek dink net in vandag se tye is ons te ongeduldig en gemaklik met die pynmiddels wat toegedien kan word. Vandag het my kind wat met 'n keiser gebore is leerprobleme en verskeie ander aanpassingsprobleme. Ek het ook aansienlik minder melk beskikbaar gehad en skryf dit toe aan die skok wat my liggaam ondergaan het met die keiser.
Natuurlike geboorte
Hallo Sonja
Ek is n man en kan dus nie saampraat oor die detail van die onderwerp nie, maar ek waardeer die aandag wat jy aan die saak skenk. Ek is n volksman en wil graag sien dat ons volk meer kinders voortbring.
Die natuurlike geboorte is nie so pynvol soos dit gepresepteer word nie, ek het vier kinders en elke keer kon die vrou nie die volgende dag die pyn meer onthou nie.
Hou aan met jou goeie werk.
In 1979 het ek as seun jou seven single gekoop met sakgeld wat gespaar was, en was nog nooit spyt oor die kopie nie.
Groete
Natuurlik
Hi Sonja!
Ek glo as jy as vrou positief oor natuurlike geboortes voel, en met die regte hulp kan jy dit doen. Hier is my storie in 'n kort opsomming:
My genie was nie baie positief oor normale kraam nie, so ek het 'n vroedvrou gekonsulteer.
Ek en die baba was gesond, maar ek is klein gebou (58kg) en my baba was groot!
Die skat-datum vir geboorte was 14 Januarie, maar begin Desember wou my dokter al keiser
doen, en die vroedvrou het gedink die baba gaan vroeg kom, omdat ek so groot gedra het.
Maar tot almal se skok, het ek uitgehou, Januarie het gekom en gegaan, en ek het in normale kraam gegaan uiteindelik eers op 13 Februarie - 'n hele maand later! Ek was baie kere moedeloos, en het BAIE gebid - maar elke keer as ek bid het 'n kalmte weer oor my gekom. Ek was ge-determineerd om normaal te kraam - maar ek het gebid as dit die Here se wil is - en ek het keer-op-keer bevestiging gekry dat dit wel die Here se wil vir ons was. My baba was 4.28kg en 59cm lank op geboorte - en dit ook by die huis bygese.. :) Ek was 6 ure in kraam. Die pyn was erg, maar ek het glad nie geskeur nie, en ek was in goeie hande. Ek het ook GEEN pyn medikasie gevat nie. Dit was 'n wonderlike, fantastiese ervaring wat ek sal altyd sal onthou in my hart.
***