Hierdie onderwerp is vir my so belangrik dat ek bietjie hierby wil stilstaan. Ek het agtergekom dat mans sorg daarvoor om tyd te maak vir hulself in teenstelling met ons as vroue. Dink bietjie .... Hulle maak tyd vir sport, rugby, visvang, tv, jag , en...en...en Ons is so geneig om namens iemand of vir iemand te leef dat ons op die ou end bittermin van onsself oorhou - ons weet nie meer wat ons drome en ideale is nie en dan leef ons nie meer nie - ons bestaan net. "Picture" bietjie die droom: vier vroue in ‘n 4x4 oppad êrens heen vir ‘n naweek. En as jy dit doen ontdek jy iets van jouself wat jy nooit geken het nie!!
Nog ‘n maklike manier wat jy kan doen is om 15min tyd af te knyp vir jouself net voor jy gaan slaap. Dit werk nogal vir my want ek gaan bad voordat ek bed toe gaan.
Maak die badkamerdeur toe sodat niemand jou steur nie. Steek kerse aan en gooi aromaterapie -olie in ‘n heerlike warm bad water. Jy kan ook rustige musiek speel vir ‘n bonus.
Ontspan dan nou vir 10 tot 15 minute en voel hoe die heerlike warm water jou spanning en moegheid wegspoel en hoe jy weer energie terugkry - want water gee energie...
Jou gedagtes word helder - jy kry idees - en jy kom bietjie by jouself uit. Konsentreer op jou asemhaling. Jy sal sien wat hierdie paar minute met ‘n bietjie beplanning vir jou kan beteken. Koester dit.
Om tyd te maak vir jouself is niks anders as "health maintenance" en "prevention is better than cure" nie.
Koester jou gesondheid en jou vrouwees en herwin emosionele energie. Hier is ‘n paar idees oor hoe om vir jouself tyd te maak. Dit sal help om die stress en spanning in ons lewens verminder - al kom jy net by een uit, is dit ‘n stap in die regte rigting
1. Stap ‘n entjie om die blok of in die veld as jy so bevoorreg is - terwyl jy reg asemhaal.
2. Gaan sit alleen in ‘n boekwinkel met ‘n boek en ervaar die rustigheid.
3. Begin ‘n nuwe oefening of ‘n stokperdjie wat vir jou werk.
4. "Go for a bodymassage, a facial, a manicure, or a pedicure, - it is a necessity!"
Kommentaar
Kla by mense wat vir jou omgee!
Hier is 'n tannie wat naby ons op 'n plaas bly. Haar man is nou oorlede, maar hy het baie met depressie gesukkel. Ons praat toe eendag en wonder hoe mens die oom moet help dat hy nie altyd so ongelukkig is nie. Die tannie se toe" Man niks sal help nie. Jy sien dit is lekker waar ons nie is nie!" Ek het myself pap gelag. En die oom het ook lekker gelag, want dit is so waar. Mens dink altyd geluk en vreugde is ver op 'n ander plek, maar mens moet dit hier naby jou raak sien.
As ek af of moeg is gaan kuier ek by 'n tannie van my, my ouma en my sussies. Almal bly saam in Ghanzi, so dit is klomp vliee met een slag. Kyk dan sit en kla ons tot dit later belaglik klink! Dan baie belangrik, beplan ons 'n "camping trip" in die Okavango Delta en ons gaan! Mans kan saam gaan as hulle wil, maar ons gaan. Daar in die bos besef ons hoe baie het ons gekla, en hier het almal tyd - wat ons vir onsself geskep het- nou begin ons mekaar moed in praat. En help met probleme waarmee die een die ander kan help. En huil en lag.
Dan het ons die hele jaar tot die volgende jaar om aan ons lekker trip te dink met 'n glimlag en dit het ons omdat:
ONS TYD VIR ONSSELF GEMAAK HET!!!