Vroue maak nie tyd vir hulleself nie en as hulle tydmaak – voel hulle skuldig. Is dit ‘n ingebore ding wat deur die eeue kom? Dit wil vir my so voorkom want daar word gesê: “Women in all their lives don’t even have a half an hour that they can call their own – without fear of hurting or offending someone” Jy verdien die beste wat die lewe kan bied en jy is as vrou die spil waarom alles draai – soos die as van ‘n wiel. Maar om die perfekte balans te bly behou moet jy vir jouself tydmaak. Hoe?
Omdat jy as vrou soos ‘n as van ‘n wiel is met speke wat na al jou verantwoordelikhede toe om jou uitgaan dink jy jy kan nie vir jouself tydmaak nie want jy gaan verhoudings afskeep en die perfekte balans versteur. Die waarheid is dat as jy nie tydmaak om jou emosionele energie ter herwin nie sal jy nie die balans kan bly behou nie, Statistieke toon dat hartaanvalle en beroertes word al hoe meer onder vroue aangetref en dit neem meer toe as onder mans.
As jy vir jouself tydmaak verminder jy die druk of “stress” en jy hou jouself gesond.”Making time for yourself is not a luxury – it is a necesity – it is health maintenance.
Begin net deur ten minste 15 min “me-time” tyd te maak vir jouself op ‘n dag. Daar is ‘n paar voorstelle wat ek met die loop van tyd met julle kan deel.
Hier is een manier:
Wanneer jy gespanne is stap uit die situasie uit en gaan sit eenkant en ontspan. As jy by die huis is gaan le op jou bed en doen die volgende oefening.
Blaas al jou asem uit en forseer die lug uit jou longe.
Sit jou hande onder jou naeltjie en haal diep asem en voel hoe jy jou magie uitstoot.
Hou jou asem in vir 4 tellings en blaas weer al die lug uit jou longe uit.
Herhaal 4 keer en hou jou oe toe en haal nou normaalweg asem maar konsentreer daarop
dat jou asemhaling dieper stadiger sagter en meer reelmatig is.
As jy op jou asemhaling konsentreer maak dit jou kop skoon want jy hou op dink en jy forseer jouself om te ontspan.
Deur reg asem te haal sal ons ons stress verminder en ons gesondheid verbeter.
Kommentaar
ek was by jou aanbieding 2X en na 'n 2de keer voel ek:
Hallo Sonja. Dit was heerlik om jou weer te sien, ek was so bietjie teleurgesteld toe ek sien dis dieselfde aanbieding wat ek verlede jaar bygewoon het, maar tog het ek dankbaar bly sit want ek het spesiale sitplekke gehad en was spesiaal genooi, ek wou dit eer. Ek het nie gedink dieselfde aanbieding sou my so raak nie, elke keer, lyk my, is dit anders. Hoe meer in jou wakker word, die ware gevoel binne en soos jy deel daarmee deur die seisoene, kom iets nuuts op. Verlede jaar het ek goed gevoel tussen vriende en ek wou nie sob nie. Vandag weer, ek was EERLIK met my intensies en ek het ERVAAR. Dit was great. Jy IS SPESIAAL Sonja, maar ek glo jy weet dit teen die tyd, jou shows bly propvol. Ek sien jou as rolmodel in STERK WEES en ek sien ook dat mens die beste uit BAD THINGS kan kry ook, jy gebruik jou talent en jou BAD THINGS tot die beste, ek dink dis superb. Jy lyk goed en jy is enigiemand se best pel prentjie. Tog lyk jy so bietjie afsydig, vroue kan soms te veel raak met tyd. Maar ek gee jou die erkenning wat jy verdien, jy is enige vrou se best pel, jou krag, jou energie, jou uithou vermoe en jou liefde vir lewe is GREAT. Groete en beste vorentoe. Abergale.