Ek hoor van soveel mense wat kla dat die jaar nou te lank raak en dat hulle moeg en uitgeput is. Hulle weet nie hoe hulle dit gaan maak tot ‘n welverdiende Desembervakansie nie.
Dit het my nogals laat dink - dit is waar - en die einde van die jaar is altyd moeilik. Dit is asof die druk net soveel erger is. Ek het toe vir ‘n paar vriende gevra of hulle raad en of wenke het om die laaste bietjie van 2008 met moed en energie aan te durf. Hier is van hulle advies:
Albert sê: "Dié jaar - so ver - was baie meer vermoeiend as ander. Polities het ons baie verandering gehad. Finansieël het die met skuld baie druk gehad agv die rentekoerse, en die paar met geld en beleggings het onder druk gekom met vallende wêreldmarkte en die moontlikheid dat belegings in banke oornag kan verdwyn. Dit is asof almal met wie ek te doen kry vanjaar meer afgemat en moeg is en die meeste met wie ek praat beplan ook nie tradisionele jaar-eindvakansies nie.
Wat ék wel gaan doen om my energie en fit te behou is om "nee" te se vir so baie sinnelose silly season partytjies waar jy geselsies moet maak met vreemdes - en om net tyd met goeie vriende deur te bring. Vriende by wie jy kan lag en ontspan. Ons eet ook die afgelope paar weke ligter en gesonder en dit is ongelooflik hoeveel beter ons voel"
Werner sê weer: "Ek glo dat ons energievlakke baie afhanklik is van ons denkprosesse. Deur té veel te fokus op omstandighede en nie op die groter visie of doel van dit wat jy wil bereik nie, kan lei tot uitputting wat daartoe lei dat jy eerder wil moedopgee as om voort te gaan.
Dis belangrik dat ons met terugslae moet deel op ‘n emosionele vlak deur jou emosies te erken en op ‘n gesonde manier uiting te gee daaraan. In my eie lewe het ek gevind dat emosies wat vir té lank opgehoop het, ‘n geweldige negatiewe effek op jou wilskrag en deursettingsvermoë het.
Deel met die emosies en beweeg dan vorentoe. Mense en verhoudings speel ‘n geweldige groot rol in die proses.
Dit is soms nodig om net weerloos te wees by iemand wat jy kan vertrou. Die teenkant van hierdie muntstuk is egter ook dat sommige mense deur hulle eie negatiwiteit - jou energie kan tap.
Dit is geweldig belangrik om te let daarop met watter tipe persone ons onsself omring.
Alhoewel die lewe nie net gaan oor ontvang nie - en ons soms daar moet wees vir mense wat negatiewe omstandighede beleef - is dit belangrik om duidelike grense te stel in terme van die tyd wat jy aan so ‘n persoon afstaan. ‘n Balans moet dan gehandhaaf word deur ook tyd te maak vir mense wat waarde tot jou lewe toevoeg en meer positiewe energie met hulle saamdra.
Moenie te hard wees op jouself nie. Ons is almal maar net mense - ons mag maar moeg voel met tye."
Daar is ook ‘n paar praktiese dinge wat ons kan doen. Dis soms nodig om ‘n doelbewuste besluit te neem om iets te doen wat jy van hou - wat gaan help om weer energie op te bou.
Kyk ‘n fliek, gaan loop in die park, lees ‘n boek - enige iets wat jou gaan help om af te skakel - al is dit net vir ‘n half uur. Dit hoef nie noodwendig iets te wees wat duur is nie. As jou tyd alreeds baie beperk is, sal jy vir hierdie dinge moet beplan - anders gaan dit net nooit gebeur nie. Hou by jou besluit!
Verder is dit natuurlik waar dat ons elkeen ‘n deel van die Goddelikheid in ons het. Hy het Sy lewe en Gees in ons ingeblaas! Ons moet net bereid wees om daarop in te ‘tap" of om daarop te fokus. Dit kan alleen gebeur as ons kies om vir ‘n oomblik van alle omstandighede te vergeet en te fokus op dit wat goed is en die goeie beloftes wat ons ontvang het.
"Those that wait upon the Lord shall renew their strength, they shall rise up on wings as eagles." Soms is dit nodig om net in Sy teenwoordigheid te rus.
Sarel se kommentaar: "Winston Churchill het eendag vir ‘n goeie vriend van hom die volgende raad gegee, dit nadat die vriend hom meegedeel het dat: "What should I do, I'm going through hell?" Winston se antwoord was: "Keep going!". En somtyds voel die laaste paar weke voor die einde van elke jaar seker soos hel vir party van ons. Meeste van ons sukkel maar met selfmotivering, en gegewe wat aan die gang is op wêreldmarkte, die ekonomie wat verlangsaam, stygende rentekoerse en ‘n erg verswakkende rand, lyk die vooruitsigte op ‘n great Kersfees ook nie ‘n gegewe nie.
My beste raad aan elkeen is die volgende:
Kyk elke oggend in die spieel en doen ‘n "ckeck-up from the neck-up". Kan ek sien/hoor/voel/ruik. Indien wel kan dit mos net goed gaan met jou die res van die dag. En dan stap jy by die huis uit - doelgerig.
My pa het altyd gesê - maak nie saak waarheen jy gaan nie - walk with a purpose. Onthou net, as jy nie stof opskop nie, eet jy stof! En - REMEMBER...a diamond is merely a piece of coal that stuck to the job!!! Werner von Braun, die bekende rocket scientist van die vorige eeu het eenkeer opgemerk:
"I have learned to use the word IMPOSSIBLE with the greatest caution". Skep jou eie energie vir elke dag.
Raymond sê: "a week ago I lay in bed tired, thinking about next year and a particularly time consuming unpleasant task - that took about three hours of my after work time each week.
In a flash I realized how to do the job more efficiently and save myself three hours of homework each week. The excitement of this realization energized me to discover even more ways to streamline my work, and reduce stress and save time.
Now I can enjoy my end of the year break - painting the house and doing odd jobs that I have neglected during the year, and I can look forward to next year"
Natalie se raad is soos volg:
"Daar is twee dinge wat vir my werk, as ek net nog daai bietjie meer energie nodig het om te volhard.
Die eerste een is, oefening, ek glo in die gesegde wat sê: "Wat jy uitgee is wat jy terugkry". Al gaan stap jy net 'n paar blokke 'n dag - dis klaar 'n begin. Ek vind as ek die aand hard gegym het, slaap ek beter en mens voel sommer die volgende dag lus om op te staan. So vir daai uur se energie wat jy uitgee, kry jy sommer 'n hele dag se energie terug!
Dit werk!!!
Die tweede wenk wat ek kan gee - kry elke dag iets om oor te lag! Want as mens lag voel jy sommer ligter. Lag oor sommer klein dingetjies soos 'n hond of kat wat hulle eie stert jaag of vir jouself. Mens se energie word getap deur soveel negatiwiteit om ons, maar ons moet kies om bo alles te lag!
Dink daaraan die dag toe God jou geskape het, het Hy van blydskap gelag!"
Maryn sê:
Bid elke dag
Hou stilte tyd elke dag - lees jou Bybel elke dag
Lees elke dag Christelike boeke
Gesonde leefstyl
Drink groen tee
Dink en wees positief
Voel 30 jaar jonger
Dra helder kleur klere
Glimlag elke dag
Luister na RSG (mmm ek weet nie so mooi nie, vir die nuus dalk)
Draai die volume van die radio aan en sing saam met die musiek
Esmarie skryf hierdie gedig:
Die laaste bietjie ............
Die winkel vensters verkoop al klaar - die vakansie seisoen is hier!
Maar ek en jy sien ‘nine to five' en Rande wat verdwyn soos papier.
Onthou jy nog, - ‘Kersvader was al hier!' - jy't hom net-net gemis!
Ogies blink van verwondering en skitterend van geluk.
Die laaste myl lyk nou sò ver, die eindbestemming amper in sig.
Die vakansie, die see, die son, die ewige salige rus...
Heita jong! Wat sit jy so in droomverlore land!
Dis tyd om te werk, kry jou ent nou aan die brand.
Ag wat, ‘n koekeloer hier en ‘n glimlag daar,
oogknip skelm, tongetjie uitsteek en lekker baljaar.
Vakansie! - terg maar soos wat jy wil.
Vir jou gaan ek kry en dan gaan jy gil!
Geskryf deur Esmari Wiid
16 Oktober 2008
Ek hoop dat bg vir jou iets kon beteken en moontlik sal help om die laaste bietjie van hierdie jaar met energie en positiwiteit aan te pak.
Kommentaar
Hoe oorleef mens...
Jare gelde - voel eintlik soos gister - was 365 dae 'n ongelooflike lang tyd, vandag voel dit soos 'n oogknip, ons praat dikwels van 24 x 7 x 365, ja en woerts! weg is die tyd. Aan die einde van elke dag... week... maand... jaar wonder mens soms wat was jou bydrae (tot wat ook al).
Luister en leer... plaas iewers 'n komma tussen die 24 ure, kom tot stilstand, haal diep asem, skep ruimte vir jouself (waar het ek nou weer gehoor van 'me time'?, luister musiek!
My wens vir elkeen is dat ongeag waar die laaste paar dae van die jaar deurgebring word - hetsy by die see, by die huis of by die werk - dat ons tot stilstand sal kom, dat 'the Christ of Christmas' ons batterye sal herlaai en vul met nuwe krag en werkywer vir 2009 wat voorlê
Ek dink weer die jaar was te kort!
Ek dink eitlik dat die jaar te kort was. Ons wens alewig die tyd verby, en wanneer dit verby is wens ons dat ons dit kon terugkry. Miskien is dit tyd dat ons gaan stilstaan en net elke oomblik en sekond indrink en leef tot die beste van ons vermoeë. Ja vir sommige van ons was dit dalk 'n moeilike jaar wat ons nie weer wil terughê nie, maar was daar darem nie een of twee mooi goed wat gebeur het in die jaar wat verby is nie?
Onthou net, as jy iets wil doen moet jy dit liefs nou doen. As 'n oomblik verby is, is dit verewig verby en niks wat jy doen sal maak dat jy daardie sekonde kan herleef nie.
Ek weet reeds wat my nuwejaars voorneme is, dit is om elke sekonde te leef. Vir my gaan die tyd net te vinnig verby.