Hoe om "stress" te wen in 2009!

Printer-friendly version

Ek lees onlangs 'n artkel oor Janie du Plessis en haar borskanker-ervaring. In die artikel sê Janie dat na haar mening is "stress" 'n siekte net so gevaarlik soos kanker. Kanker val die liggaam aan maar "stress" verwoes die gees. "Stress" kan beskryf word as negatiewe energie wat opbou in jou liggaam omdat dit nie 'n uitlaatklep kry nie. Ons moderne lewensstyl en ook portuurdruk veroorsaak dat jy die negatiewe energie in jou liggaam sal laat ophoop eerder as om spontaan uiting daaraan te gee.

"Stress" of dan negatiewe energie moet reg bestuur word en jy moet maniere vind om daarvan ontslae te raak, anders gaan dit jou inhaal. Ongelukkig word "stress" nie so maklik gediagnoseer nie en die oorsaak kan ook nie met 'n kitspilletjie behandel word nie. "Stress" manifesteer ook gereeld as siekte in die liggaam, so kry bv 1 uit elke 8 vroue borskanker en 60% van vroue is slagoffers van hartaanvalle of beroertes.

Die onus rus dus op jouself - siende dat jy die spil is waarom alles draai -om eerstens na jouself om te sien, voordat jy na almal om jou omsien!
As jy wil gesond bly moet jy tyd maak vir die regte dinge en in die proses sal jy ook van jou stress ontslae raak.

Hier is 'n paar dinge waaraan jy kan aandag gee:

1. Maak tyd vir gereelde oefening - Sluit aan by 'n gym en probeer 3 x per week oefen. Of gaan stap net vir 20 min om die blok. Oefening bevorder bloedsomloop en dit help vir hoë bloeddruk- en colestrol. Oefening help ook om jou spiere soepel te hou sodat jou liggaam kan byhou by die eise van wat van hom verwag word sodat jy nie sommer iets breek of 'n spier seermaak nie. Dit help jou kop en jou gemoed en werk depressie tee. Ek het onlangs by Curves - 'n vrouegym - aangesluit en ek kan merkbaar my liggaam sien fermer word. Ek voel baie beter oor myself - en gesonder.

As jy jou selfwaarde wil ontwikkel moet jy iets fisies kies waarby jy jouself hou- al is dit iets eenvoudings - sodat jy respek vir jouself kan ontwikkel en so jou eie motivering en eie waarde kan terugvind en goed kan begin voel oor jouself en lief kan word vir jouself.

2. Maak tyd om reg en gesond te eet. Luister na jou liggaam. Jy weet wat jy kan eet en wat jou beter laat voel en jy weet wat gesond is teen die tyd. Maak 'n afspraak met 'n diëetkundige as dit nodig is. Soms is kleiner porsies beter en drink genoeg water. Probeer by die 8 glase water per dag uit te kom.

3. Kry genoeg slaap 6 tot 8 ure oor die algemeen of soveel soos jou liggaam nodig het. Dit help om 'n paar ontspanoefeninge te doen en drukpunte toe te pas waar stress vassit net voor jy gaan slaap wat jou beter en meer ontspanne sal laat slaap.
Sit "relax-musiek" op en haal dan diep asem. As jy asemhaal, begin eers deur al jou asem uit te blaas. Maak jou magie en jou longe vol lug en hou vir 4 tot 6 tellings en blaas uit. Forseer al die lug uit jou longe. Herhaal 4 maal en konsenteer om diep asem te haal.

4. Maak tyd om te lag want as jy lag skei jou brein endorfien en enkefelien af wat jou goed laat voel en gesond hou. Kyk snaakse flieks en kyk vir jouself in die spieël eerste ding as jy wakker word in die mðre. Dan moét jy lag. Moenie jouself so ernstig opneem nie. Probeer die humor in elke situasie raaksien. Dit word later 'n gewoonte as jy dit begin doen.

5. Baie keer dink ons dat "body-massages, facials, manecures, pedicures" en ander behandeling in 'n salon is tydmors en geldmors en 'n "luxury". Dis onwaar want jy ontlaai stress en dis genesend vir jou liggaam. Studies het bewys dat die liggaam genees by aanraking en dat dit eintlik "Health Maintenance" is.

6. Begin iets wat vir jouself lekker is om te doen omdat jy doelbewus vir jouself tyd gun - vir jou eie behoud en groei.
Dit kan 'n stokperdjie wees of om in 'n boekwinkel te gaan sit met 'n boek EN SORG DAT JY NIE SKULDIG VOEL DAAROOR AS JY DIT REGKRY NIE. JY SAL MOET DISSIPLINE TOEPAS WAT DIT BETREF. Jy het dit nodig om jou eie emosionele energie ter herwin en jou emosionele tenk vol te hou.

7.Maak tyd om jou gedagtes positief te hou want as jou gedagtes positief is het dit 'n effek op jou fisiese liggaam en jy genees.

Daar is twee tegnieke om jou te help om jou gedagtes positief te hou. Die eerste een is - visualisering.
Jy kan baie lees daaroor - "Mindpower" - is een boek.
In kort is visualisring die vermoë wat die brein het om te midde van 'n negatiewe realitiet, iets positiefs te visualiseer. Die liggaam nie kan onderskei tussen visualiserng en realiteit nie, en daarom werk hy saam met die prentjie in die brein en dit wat positief is manifesteer dan. Dit wat jy sien sal met jou gebeur -volgens die bybel - en lewe en dood is in die krag van die tong. Dis waar die tweede tegniek inkom en dit is "Affirmations". As jy vir jouself net so 5 positiewe dinge oor jouself en jou lewe uitspreek elke dag - sal jy dit begin glo - en dit sal jou gedagtes beïnvloed om positief te dink en jy sal dit sien gebeur in jou lewe.

8. My voorstel:
Ek het 'n begin gemaak vir myself om net 15 min in 'n dag vir myself af te knyp - net om by myself uit te kom en dalk asem te haal of net stil te wees. Ek het 15 min voor ek gaan slaap die badkamerdeur toegemaak en 'n kers aangesteek en in 'n warm bad met aroma-olie my moeë lyf ontspan en reg asemgehaal - met sagte musiek. Ek slaap beter as ek gebad het en ek moet in elk geval bad, so ek het begin kyk daarna as 'n stress-release vir 15 min. Dit het wonders vir my gedoen.

Kommentaar

Hoekom pla dit my so wat ander mense dink

Ek is 'n ma van 2 met geen selfvertroue nie en het 'n verloofde met die wereldse selfvertroue, hy het nie 'n saak wat mense van hom dink nie, en ek aan die anderkant is baie ingestel wat mense dink, Ek wens so dat ek kan afsien doen van wat mense van my dink