Die Liefde

Printer-friendly version

Met Valentynsdag om die draai en rooi harte in al die winkelvensters - kan mens nie anders as om te dink aan liefde nie-
"Be my Valentine"...........

Wag jy ook vir jou kaartjie wat jou hart laat vinniger klop - en vir jou vlinders op jou maag gee?
Ai ons almal wil tog so weer daai gevoel van verliefdheid ervaar! Maar dit hou net 'n rukkie.......

Die realiteit en die waarheid is dat ware liefde is 'n wilsbesluit - dis nie 'n gevoel wat jou oorweldig nie. Dit kan so begin dalk.....

Uiteindelik verg ware liefde moed en werk om jouself bloot te stel en uit te reik na 'n persoon. Dis om jou grense oor te steek en dalk die risiko te loop om verwerping te ervaar en seer te kry.
Maar dis ware liefde - en die doelwit van ware liefde is altyd geestelike groei.

Ware liefde is nie 'n besetting van iemand nie - dis nie om afhanklik te wees van iemand nie - dis nie om selfopofferend te wees nie - dis selfvervullend. Dis onmoontlik om iemand anders waarlik lief te hê as jy nie vir jouself liefhet nie.

Liefde is om aandag te gee - en om rêrig na iemand te luister.........
Liefde is nie bloot om te gee nie - dis om oordeelkundig te gee en oordeelkundig te weerhou en .....
Liefde is wat liefde doen.....

Kommentaar

Valentynsdag

Wow Sons sus dis nou n mond vol die woorde en tog so waar ja ware liefde is om te gee en te neem bymekaar te staan en opreg lief te he na 37 jaar se getroude lewe groeie die liefde nog dit is soos n plant wat gereeld water moet kry. Mooi dag verder.
Rene