Beleggingswyshede

Printer-friendly version

In hierdie weergawe van Beleggingswyshede gaan ek beleggingsraad bespreek wat honderde jare gelede geskryf is en nog steeds net so toepaslik is vandag. Die raad wat ek hier bespreek is afkomstig uit 'n boek geskryf deur George S Clason, naamlik "Die Rykste Man in Babilon ".

Die boek handel oor kleitablette wat ontdek is by die rulnes van Babilon. Daar is nie spesifieke bewyse nie, maar die tablette kon ongeveer tot 8000 jaar gelede al geskryf gewees het. Babilon staan bekend as een van die mees welvarendste stede van sy tyd en die regeerders van Babilon het hul wysheid, ondememingsgees en regverdigheid op die tablette vasgele vir hul nageslag.

Die tablette bevat baie inligting en raad oor hoe 'n mens byvoorbeeld jou finansies moet bestuur. Ek gaan twee planne of metodes in hierdie artikel opsom.

Die plan wat enige eerbare man uit die skuld tot 'n goeie bestaan sal lei:

Eerstens verseker die plan jou van toekomstige rykdom. Dit kom daarop neer dat 'n mens 'n minimum van 10% van jou inkomste moet spaar of belê. Tweedens verseker die plan jou dat jy jou vrou (of gesin) wat lojaal is teenoor jou sal klee en ondersteun. Dit korm daarop neer dat 70% van jou inkomste aangewend moet word vir 'n huis, klere om aan te trek, kos om te eet en daar behoort 'n bietjie oor te bly om te spandeer sodat 'n mens se lewe nie pret en plesier kortkom nie. Derdens verseker die plan jou dat jy uit jou verdienstes jou skuld kan betaal. Dit kom daarop neer dat 'n mens 20% van jou inkomste regverdig tussen skuldeisers moet verdeel en mettertyd sal alle skuld vereffen wees.

Opsommend kom dit dus daarop neer dat 10% van jou inkomste gespaar moet word, 20% moet gebruik word vir skuld en 70% moet gebruik word om jou lewenstandaard te handhaaf. Indien jy byvoorbeeld meer as 20% aan skuld spandeer, spaar jy te min of jou lewenstandaard is te hoog vir jou inkomste.


Sewe maniere om 'n lee beursie te voorkom:

1. Begin om jon beursie vol te maak. 10% van alle inkomstes moet gespaar word.

2. Beheer jou uitgawes. Dit wat ons ons noodsaaklike uitgawes noem, sal altyd groei totdat dit gelyk is aan ons inkomste. Dit is dus belangrik om nie jou noodsaaklike uitgawes met begeertes te verwar nie. Begroot vir jou uitgawes, sodat jy geld het om jou noodsaaklikhede te betaal, asook geld vir jou plesier en om die begeertes wat die moeite werd is te bevredig. Dit sonder om meer as 90% van jou inkomstes te spandeer.

3. Laat jou goud vermenigvuldig. Jy het jouself gedissiplineer om 10% van jou inkomste te spaar. Jy het jou uitgawes beheer om sodoende jou groeiende skat te beskerm. Volgende moet jy jou geld oordeelkundig bele sodat die effek van saamgestelde rente jou spaargeld kan vermenigvuldig.

4. Beskerm jou skatte dat dit nie verlore gaan gaan nie. Die eerste gesonde beginsel van enige belegging is om die sekuriteit van jou aanvanklike belegging te verseker. Is dit wys om deur 'n hoër verdienste verlei te word, as jy in die proses jou aanvangsbelegging kan verloor? Moenie deur jou eie romantiese begeertes om vinnig rykdom te verkry, mislei word nie.

5. Maak jou eiendom 'n winsgewende belegging.
Te veel van die mans in Babilon se gesinne leef in haaglike omstandighede. Hulle betaal aan landhere groot bedrae huurgeld vir kamers waar hulle vrouens nie eens plek het om blomme, wat 'n vrou se hart verbly, te plant nie. Hulle kinders het nie plek om te speel nie, behalwe in vuil stegies. Dit sal enige man se hart verbly as hy vye van sy eie borne kan eet en die druiwe van sy eie wingerd." Die vyfde oplossing vir 'n plat beursie in om jou eie huis te besit.


6. Verseker 'n inkomste vir die toekoms. Dit is belangrik dat 'n mens voorsiening maak vir 'n gepasde inkomste vir die dae wat sal kom, wanneer hy nie meer jonk sal wees nie om so voorsiening vir sy gesin te maak ook vir wanneer hy nie meer daar sal wees om hulle te ondersteun en te vertroos nie.


7. Vermeerder jou vermoe om te verdien. Die sewende en laaste oplossing vir 'n plat beursie is om jou eie vermoëns te ontdek, te studeer en wyser te word en om vaardiger te word en sodoende jou selfrespek te behou.
Ek glo dit is nogal insiggewend vir almal dat deur die bogenoemde twee planne, wat terloops honderde jare gelede al geskryf is, te implementeer, dit tot 'n verbetering in jou eie welvaart kan lei.


Martin Struwig

www.dotport.co.za
Bogenoemde is uittreksels en opsommings uit die boek "Die Rykste Man in Babilon" dew George S Clason en moet nie gesien word as finansiele advies deur Dotport (Edms) Bpk nie.